Karel se Gedigte  ::  Afrikaanse Digters  ::  Ander Digters  ::  Boeke  ::  Skakels  :: Kontak  :: Tuis

 
 

 Geborg deur die Jannie Mouton Stigting, Genugtig! & Lapa Uitgewers & Protea Boekhuis, asook Die Hoemstra Trust in samewerking met Woordfees

 

Waneer: 6, 7, 8 September 2007
   
Waar: H.B. Thomteater, Stellenbosch
   
Kaartjies: Dagsessies: R20 per persoon
Aandsessies: R60 per persoon
   
Kontak: Protea Boekwinkel, Andringastraat, Bergzicht Plaza
Tel: 021-8829100
e-pos 1:
proteaboek@mweb.co.za
e-pos 2:
ls.protea@mweb.co.za

 

1. Wat is Versindaba?

2. Program

Laai die Program and Kaart af in .pdf formaat

Die kaart en feesprogram kan hieronder afgelaai word deur die muis op die skakel te posisioneer, regs te kliek met die muis (right click) en dan "Safe target as" te kies om die lêer op jou rekenaar se hardeskyf te stoor.  Beide die kaart en die program is .pdf lêers, wat beteken dat jy die program Acrobat Reader nodig het om dit oop te kan maak.

 

Kaart na Versindaba (300kb)        Versindaba Program (100kb)


In die navigasielys aan die linkekant, kliek op item 60 (HB Thomteater) onder Akademiese Geboue.  Die kaart sal auotmaties inzoem na die HB Thomteater op die kaart.  Die HB Thomteater is in blok B10 op die kaart.

 

Indien Acrobat Reader reeds op jou rekenaar geïnstalleer is, sal dit outomaties oopmaak wanneer jy op die kaart-skakel kliek.

Indien Acrobat Reader nog nie op jou rekenaar geïnstalleer is nie, kan jy dit installeer deur die Acrobat Reader-skakel te kliek.

 

Wat is die Versindaba?

Vanjaar se Versindaba sal op 06, 07 & 08 September in die HB Thomteater op Stellenbosch plaasvind, in samewerking met Die Woordfees.  Van ons mees prominente Afrikaanse digters van wie daar onlangs digbundels verskyn het, vorm deel van die program.  Hieronder tel bekendes soos George Weideman, Jeanne Goosen, Dolf van Niekerk, Hans du Plessis, Joan Hambidge, Marlise Joubert, Cas Vos en HJ Pieterse. Ontluikende digters wat ook deel van die program uitmaak, is die opwindende hip-hop digter Jitsvinger, asook die rapmeester Willem Fransman (jnr.), Andries (Roof) Bezuidenhout, Gilbert Gibson en Charlton Lee George.  Breyten Breytenbach en TT Cloete, van wie daar onlangs bundels verskyn het, maar wat ongelukkig nie by die Versindaba teenwoordig kan wees nie, se verse sal onderskeidelik deur Ampie Coetzee en Helena Conradie voorgedra word.  Johann Nel, bekende woordkunstenaar, sal ’n program rondom die poësie van MM Walters en wyle RK (Ronnie) Belcher aanbied.  Hans du Plessis se verse sal deur Jo-Marie Nel voorgedra word.

Soos in die verlede word die voordragte afgewissel met onderhoude, besprekings en musiek. Die musikale komponent word vanjaar tot ’n besonderse hoogtepunt gevoer, met optredes deur Jak de Priester, Anton Goosen, Philip de Vos, Niël Rademan, en Riku Lätti.  Poësieliefhebbers kan ook uitsien na die unieke voordragstyl van David Ferguson (van “Three White Men”–faam), asook Sleursange, (teks deur Marlise Joubert en regie deur Mareli Hattingh) wat deur die studente van die US Dramadepartement opgevoer gaan word.  Liefhebbers van die kunslied kan gerus kennis neem van Marica Otto se optrede tydens Sessie 2.  Nog ’n besonderse bydrae tot die program is die Dana Mouton-lesing wat vanjaar deur prof. Lina Spies gelewer word.  Sy sal praat oor die tema “Wat is poësie?”

'n Verdere toevoeging tot vanjaar se program is die gesprekke tussen digters oor hul werk en werkswyse. So gaan George Weideman en Hans du Plessis met mekaar gesels, asook Dolf van Niekerk en Lucas Malan. En dan is daar ook die bekendstelling van Bandelose gedigte 1977-1990, gedigte deur Luuk Gruwez wat deur HP van Coller na Afrikaans vertaal is.  Dié bekendstelling sal tussen Sessies 3 en 4, te wete 13:00 tot 14:00 wees in die voorportaal van die HB Thomteater.  Bernard Odendaal sal die gesprek met Hennie van Coller lei. Toegang is gratis.

Kaartjies vir Donderdag-, Vrydag- en Saterdagaand is R60.00 per persoon. Die sessies Saterdagoggend en –middag is R20.00 per persoon. Spesiale tariewe is beskikbaar vir studente en skoliere. Kaartjies is verkrygbaar by Protea Boekwinkel op Stellenbosch en kan óf telefonies by (021) 882 9100 óf per e-pos via proteaboek@mweb.co.za of ls.protea@mweb.co.za bespreek word.

 

(terug)

 

Program

Sessie 1: Donderdag, 06 September, 2007
Toegang: R60 (Studente: R30, Skoliere: R10)
HB Thom-teater (Seremoniemeester: Johan Rademan)
19:00 – 19:05 Verwelkoming Nicol Stassen
19:05 – 19:25 Musiek & Voordrag Riku Lätti
19:25 – 19:35 Voorlesing Willem Fransman
19:35 – 19:45 Voorlesing Joan Hambidge
19:45 – 20:05 Musiek & Voordrag Roof Bezuidenhout
20:05 – 20:25 Pouse
20:25 – 20:45 Musiek & Voordrag David Ferguson
20:45 – 21:00 Voordrag: Breyten Breytenbach se verse Voorgelees deur: Ampie Coetzee
21:00 – 21:20 Musiek & Voordrag Jitsvinger
21:20 – 21:30 Pouse
21:30 – 22:00 Musiek & Voordrag Jak de Priester

(terug)

Sessie 2: Vrydag, 07 September, 2007
Toegang: R60 (Studente: R30, Skoliere: R10)
HB Thom-teater (Seremoniemeester: Riana Scheepers)
19:00 – 19:05 Verwelkoming Dorothea van Zyl
19:05 – 19:25 Voorlesing: MM Walters Voorleser: Johann Nel
19:25 – 19:35 Voorlesing Cas Vos
19:35 – 19:45 Voorlesing Marlise Joubert
19:45 – 20:05 Musiek Marica Otto
20:05 – 20:25 Pouse
20:25 – 20:35 Voorlesing Gilbert Gibson
20:35 – 20:55 Musiek & Voordrag David Ferguson
20:55 – 21:05 Voorlesing HJ Pieterse
21:05 – 21:20 Musiek & Voordrag Dolf van Niekerk
21:20 – 21:30 Pouse
21:30 – 22:00 Musiek Anton Goosen

(terug)

Sessie 3: Saterdag, 08 September, 2007
Toegang: R20 (Studente: R10, Skoliere: R10)
HB Thom-teater (Seremoniemeester: Margot Luyt)
10:00 – 10:20 Tematiese gesprek: Kreatiewe skryfkursusse – Die kinkel in die kabel Joan Hambidge en HJ Pieterse
10:20 10:30 Voorlesing Charlton Lee George
10:30 – 10:40 Voorlesing Gilbert Gibson
10:40 – 10:50 Voorlesing Bernard Odendaal
10:50 – 11:20 Gesprek George Weideman en Hans du Plessis
11:20 – 11:40 Pouse
11:40 – 11:55 Voordrag: Breyten Breytenbach se verse Voorgelees deur: Ampie Coetzee
11:55 – 12:15 Musiek & Voordrag Jitsvinger
12:15 – 12:25 Voorlesing Louis Esterhuizen
12:25 – 12:40 Voordrag Susanne Beyers
12:40 – 13:00 Musiek & Voordrag Philip de Vos
13:00 - 14:00 Bekendstelling van Bandelose gedigte 1977-1990, gedigte deur Luuk Gruwez wat deur HP van Coller na Afrikaans vertaal is. Voorportaal van die HB Thomteater

(terug)

Sessie 4: Saterdag, 08 September, 2007
Toegang: R20 (Studente: R10, Skoliere: R10)
HB Thom-teater (Seremoniemeester: Margot Luyt)
14:00 – 14:10 Voorlesing Willem Fransman
14:10 – 14:20 Voorlesing HJ Pieterse
14:20 – 14:30 Voorlesing George Weideman
14:30 – 15:00 Gesprek Dolf van Niekerk & Lucas Malan
15:00 – 15:10 Voorlesing Bernard Odendaal
15:10 – 15:20 Voorlesing Jeanne Goosen
15:20 – 15:40 Pouse
15:40 – 16:10 Musiek & Voordrag Niël Rademan & vriende
16:10 – 16:20 Voorlesing Cas Vos
16:20 – 17:00 Dana Mouton-gedenklesing: “Wat is poësie?” Spreker: Lina Spies

(terug)

Sessie 5: Saterdag, 08 September, 2007
Toegang: R60 (Studente: R30, Skoliere: R10)
HB Thom-teater (Seremoniemeester: Susanne Beyers)
19:00 – 19:05 Verwelkoming Jannie Mouton (hoofborg)
19:05 – 19:20 Voordrag: Die poësie van RK Belcher Voorleser: Johann Nel
19:20 – 19:35 Voorlesing: Hans du Plessis Voorleser: Jo-Marie Nel
19:35 – 19:50 Voorlesing & Musiek: TT Cloete se verse deur Helena Conradie
19:50 – 20:00 Prysoorhandiging:
Ingrid Jonker-prys
Daniel Hugo
20:00 – 20:20 Musiek & Voordrag Riku Lätti & HJ Pieterse
20:20 – 20:35 Pouse
20:35 – 20:45 Voorlesing Jeane Goosen
20:45 – 21:00 Musiek & Voordrag Dolf van Niekerk
21:00 – 21:10 Prysoorhandiging:
Protea-prys vir poësie
Nicol Stassen
21:10 – 21:20 Voorlesing George Weideman
21:20 – 21:30 Pouse
21:30 – 22:00 Musiek Voordrag: Sleursange deur US Dramadepartement. Teks deur Marlise Joubert
& Regie deur Mareli Hattingh

(terug)

 

 

 

 

 

 
Hierdie webblad is opgedateer op: 10 Augustus 2007

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou