Karel se Gedigte  ::  Afrikaanse Digters  ::  Ander Digters  ::  Boeke  ::  Skakels  :: Kontak  :: Tuis

   
 
   
  1.  Ek dink ek kan...

2.  Wie het die mossie doodgeskiet?

3.  Die dwergies

   
  Ek dink ek kan...   (Christa van Tonder)

Eendag was daar ʼn enjintjie
Net pas uit die fabriek,
Die groot sterk enjins spot met hom:
Lyk hy nie te komiek?
Ek sien hom al n trein wegtrek!
Ra-ssh! Ra-sssh! Hoe gek!

Die trein het weer bly staan! Roep een.
Hul moet dadelik ʼn enjin h.
Swart Piet, ek dink jy sal moet gaan!
Maar Swart Piet skud die kop en s:
Ek werk die heeldag lank! Poef! Poef!
Te moeg en warm! Poef! Poef!

Nou, Groot Gedruis, dan moet jy kom;
Die trein staan teen die berg.
Sakka pakka! So ʼn ding
Kan jy nie van my nie verg!
Die pad is nat; s nou ek kry
Verkoue! Wat word dan van my?

Klein Bietjie Niks, jys al wat bly
Die ander het elkeen ʼn kwaal.
Ek dink ek kan! sug Bietjie Niks,
Ek dink ek sal die paal kan haal;
Ek dink ek kan, ek dink ek kan,
Ek dink, ek dink, ek dink ek kan!

Hul haak hom voor. Die berg is steil,
Die spoor nog daarby nat.
Ek dink...(die trein beweeg), ek dink...
As ek net eens kan vat...
Ra-sssh, ra-ssh!  Ek dink ek kan,
Ek dink ek kan.  Ra-sssss-ssssshh!
Sakka pakka!  Ekka dinka...
Sakka pakka!  Ekka kanna...
Sakkeka pakkeka!  Pakkeka sakkeka!
Oe...oe...oe...oe...oe...oe...e...t!

Nog ʼn paar stampe en nog ʼn paar stote,
Maar aanhouer wen!  Hul is bo-op die berg.
Oor vlakte draf Klein Bietjie Niks nou gemaklik.
Die groot enjins sal hom nooit weer kan terg.
Ra-ssh! Ra-sssh! Ek dog ek kon,
Ek dog ek kon!  Ra-sssh-sssssshh!
Sakka pakka!  Ekka dogga...
Sakka pakka!  Ekka konna...
Sakkeka pakkeka!  Pakkeka sakkeka!
Oe...oe...oe...oe...oe...oe...e...t!

(terug)

   
  Wie het die mossie doodgeskiet?  (W. Versveld)

Wie het mossie doodgeskiet?
Ek," s die aasvol,
Met my geweer en koel,
Ek het hom geskiet.

Wie het hom gehelp?
Ek , s die papegaai,
Ek het sy geweer gelaai,
Ek het hom gehelp.

Wie het hom sein sterf?
Ek, s die pikkewyn,
Al is my o klein,
Ek het hom sien sterf.

Wie het sy bloed gevang?
Ek, s die koei,
Hy het vreeslik gebloei,
Ek het sy bloed gevang.

Wie het hom in die bed gesit?
Ek, s die vlooi,
Want ek het ʼn lekker kooi,
Ek het hom in die bed gesit.

Wie sal sy graf gaan maak?
Ek, s die os,
Daar bo in die bos,
Ek sal sy graf gaan maak.

Wie dra die lyk?
Ek, s die kwikstertjie,
Ek is sterk soos ʼn perdjie,
Ek dra die lyk.

Wie lui die klok?
Ek, s die makou,
Ek het ʼn lang tou,
Ek lui die klok.

Wie sal die psalm sing?
Ek, s die spreeu,
Ek kan lekker skreeu,
Ek sal die psalm sing.

Wie gaan oor hom rou?
Ek, s die bok,
Ek het ʼn swart rok,
Ek sal oor hom rou.

Wie sal vir aasvol straf:
Ek, s die volstruis.
Ek skop hom met my vuis.
Ek sal aasvol staf.

Die vols en die diere
Wou aasvol vermoor,
Toe hulle van die dood
Van ons liewe mossie hoor.

(terug)

   
  Die dwergies   (C. Louis Leipoldt)

In ʼn gat daar onder die sukkeldoring
Het ʼn dwergieman sy huis.
Die mure daarvan is goudgeel klei,
En die vloer van silwergruis.

En die lampe is klein vuurvliegies,
Wat skitter soos sonneskyn
As die groen van die skemeraand val
En die son se glans verdwyn.

Die stoele is bergkristalle,
Wat onder die liggies blink;
Die tafel ʼn groot wit paddastoel,
Met sy steel in die gruis gesink.

Die kussings is fynste wit kapok
Uit tinktinkie-nes gesteel;
En die deurgordyn is ʼn mierkatvel,
So sag soos sagte ferweel.

Hier lewe die dwergie die jare deur
Waar niemand hom ooit sal stoor;
En hy en sy vrou kom net maar uit
Om water te haal uit die voor.

(terug)

   

 

Hierdie webblad is opgedateer op: 23 Maart 2008

Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou