Afrikaans  ::  Engels  ::  Afrikaanse Digters  ::  Ander Digters  ::  Skakels  :: Kontak  :: Tuis

         
 
   
 

Ek het hierdie boekie met "resitasies" opgespoor in 'n tweedehandse boekwinkel.

 

 

VOORBLAD

 

 

 

VOORWOORD

 

 

 

INHOUDSOPGAWE

 

Kliek Hier

 

 

ENKELE UITTREKSELS

 

1. Vos En Die Kraai

2. Doen Altyd Goed

3. Leer Waneer Jy Kan

4. Versuim Nie

5. Wie Het Ma Die Liefste?

6. Moenie Deur Sleutelgat Loer Nie

 

   

 

VOS EN DIE KRAAI

Behandel elkeen goed.  Verneuk nie.  Moenie sê: “Fonteintjie, ek sal nie weer uit jou drink nie.”

 

Vos nooi kraai na ʼn eetmaal toe,

Hy sit die kos in ʼn vlak bord, so,

Sodat kraai glad niks kos kon kry

Moes huis-toe gaan en honger ly.

 

Toe nooi kraai ook vir vos eendag,

Gou na die fees loop vos en lag,

Lekker te kry is hy te bly,

Hy sal gou sien wat hy sal kry.

 

Kraai sit kos in klein flessie,

Uit flessie kan vos nie eet nie,

En kraai eet self al die kos op,

Flessie steek vas aan vos se kop.

 

Nou weet as jy ander verneuk,

In selfde strik sal jy vas steek,

Die vos dog hy alleen is slim,

Dat hy kan doen net soos hy wil.

 

Doen aan ander soos jy begeert

Dat hul goed doen in hulle beurt.

Dink nie of sê nie: “Fonteintjie,

Ek sal nie weer uit jou drink nie.”

(terug)

 

 

DOEN ALTYD GOED

 

ʼn Goeie daad is nooit verloor,

Jare daarna duur nog die spoor,

Soos pad wat deur die woestyn gaan,

ʼn pad wat lei na goud en graan.

Dis altyd goed om goed te doen,

Die Here sal vir die beloon,

Hy merk op elke goeie daad,

Oplettend vir al goed en kwaad.

(terug)

 

 

LEER WANNEER JY KAN

Moenie ʼn luiaard wees nie

 

Daar was twee broers, Jan en Piet,

Jan het geleer, maar piet, verniet

Dat Ma en Pa mooi met hom praat,

Maar niks help nie, wat hy word kwaad.

 

Nou jaar vir jaar, so gaan dit aan,

Jan leer sy beste wat hy kan,

Maar agter, ver, het Piet gebly,

En Jan was hom heel ver verby.

 

Jan sy eksamen deur gegaan,

Dus altyd voorwaarts, altyd aan,

En later was ʼn Prokureur,

Het deur probeer om meer te leer.

 

Maar wat van Piet, die luiaard, hy

Kan niks verdien, geen werk kan kry,

Moet nou hout kap, vir stukkies brood,

En slaaf is hy en ook halfdood.

 

Van sulke lesse moet jy leer,

Dat luiaard maak homself net seer.

Skolier moet aanhou te studeer,

Aanhou studeer nog meer en meer.

(terug)

 

 

VERSUIM NIE

 

“Loop lap jou rok,” sê ma vir San,

“Want dis verder stukkend gaan.”

Maar San versuim van dag tot dag,

Sy sê, “dit kan tot more wag.”

Na piekniek-toe was San genooi,

“Ek is so bly, piekniek’s so mooi.”

Maar rok te lap, daar’s nou gʼn tyd,

“Ek het versuim, nou het ek spyt.”

(terug)

 

 

WIE HET MA DIE LIEFSTE

Goeie dade is beter as goeie beloftes.

“Baie myle tussen doen en sê.”

 

Rosa en Tom en kleine Nel,

Nou elkeen het vir Ma vertel.

“Liewe Moeder, ek het jou lief,

Kan ek jou help, Ma, asseblief?”

Maar Tom en Rosa gaan maar speel,

Net die wat help, was kleine Nel.

Hout tel sy op, my maak die vuur,

Wie het Ma liefste van die drie?

(terug)

 

 

MOENIE DEUR SLEUTELGAT LOER NIE

Ongehoorsame Dirk

 

Slegte manier het Dirk gehad,

Dikwels te kyk deur sleutelgat;

Sy Ma het hom daaroor geknor,

Maar sy het haar slaanlat verloor.

Maar eenmaal hy’t te veel gekyk,

ʼn Kind steek stok, sy ook is uit;

die stok gaan deur tot anderkant,

Soe! soos hy skree, My Vaderland?

(terug)

   
   
   

 

Hierdie webblad is opgedateer op: 16 Maart 2008

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou