|
|
Woordskilder
As ek kon skilder sou ek
'n blik vol grys
in die oggend se skemer gaan soek
en dit uitgooi tot 'n landskap waar berge verrys
op die maan se spierwit doek
Uit my hart tap ek 'n handvol bloed
en giet die sooie uit die grond
Met goud gesteel uit die
son se gloed
laat rol ek gras in die windjie rond
Maar vir jou pluk ek 'n vink se rooi
sorgvuldig, kundig lê ek dit neer
Vir jou, die Coca-Cola nooi
'n lelie om jou dag in te kleur
|