Woordeverf
 

Ek skink vir jou my woordeverf
herinnering uit lank geleë
‘n skadu in papier gekerf
Die prentjie van my lewensweë
in kleure wat die oog bederf
en denke wat jou ver laat swerf
 
Kom skink vir my jou woordeverf
het jy al deur jou siel gereis
deur jou gewete heen geswerf?
Was jou dae ook soms te grys
wanneer laas is jy bederf
of het jou liefde afgesterf?

 

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou