|
|
Woorde
Jy ryg jou woorde,
glinster-druppels
aan die spinneweb in jou deur
En as ek vassit in jou net
word jou gedagtes ingekleur
word jou gedagtegang besweer
Ek ryg my woorde, bloedrooi krale
gedagtes wat my laat wees
In hierdie halssnoer is versteek
die diepste kringe van my gees
die diepste sinne van my vrees
Sal hierdie woorde gou uitrafel
en stukkend val hier op die vloer?
Of kan die letters saam verstrengel
die werklikheid se hoop beloer
die werklikheid se wreedheid snoer?
|