Wintersoggend

In die eerste oggendlig
lê jou voetspore nog vars
op die silwer dou,
jou reuk is warm op my wang;
maar dis jou groetwoorde
wat in die oop deur bly hang.

Jy sê eendag gaan jy
by my kom intrek,
met ‘n hart vol hoop,
jou drome in ‘n tas,
jou liefde op die altaar,
en ons foto op die kas.

Want ons liefde vir mekaar kan
nie geskryf word nie.
In die weefsels van ons harte,
is dit gebeitel, geskilder, en gevleg
maar vir die oordeel van die wêreld,
steek ons dit, vir nou, eers weg.

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou