|
|
Wewenaar
Hier sit ek, ‘n kraakvars wewenaar.
My lippe saamgepers, my oë skrefies,
my hande ineen, my gemoed swaar.
Want my hart soek steeds na jou.
Daar was ‘n brand, ‘n bom, ‘n storm
‘n droogte, elf plae, ‘n uittog,
‘n avondsmaal, en ‘n kruisiging.
In die nag donder die stilte.
Maar daar was geen opstanding nie.
Geen Maria, geen engel op die klip
geen belofte van die wedederkoms.
Die duister het ons oorkom.
Die vrees, die jaloesie, die afguns,
die leun, die donker, die egbreuk,
die owerspel, die onafwendbare einde.
Die hel.
|