Voete van Klei

 

Meer as ek is my offer aan die land
Aanvaarding gekoop uit bloed
Nooit sal jou kinders se kinders weer plant
Die haat wat die onreg vergoed
Eenheid gevorm uit hierdie hand
Laat die verlede die toekoms ontmoet
Aan die slimme skenk ek hierdie oorvloed

Met sy aankoms begin die verdriet
By hom is die wysheid maar skraal
Een-een maak hy die drome tot niet
Kinders en armes het hy gefaal
In klei is ons heerser se voete gegiet

Zeerust, Polokwane, Vryheid
Uitgelewer aan die hofnar
Met ongekende sotheid
As hy ook homself verwar

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou