Versteek My
 
Versteek my in jou vallei van begeerte,
vul my longe met jou warm asem.
Gryp my gedagtes met die blink in jou oë,
laat my drink uit die kuil van jou bekken.
Skink jou intiemste begeerte in my mond,
deur die sagte bloeisels van jou borste.
Sluit my toe in jou met die boeie van jou bene,
ontvang die warm vrugte van my beste oes,
in jou erdekruik van liefde.
Bêre dit as ʼn boekrol van beloftes,
gekerf van my liefdesboom.

Ek het jou lief, oneindig, onmenslik lief,
my siel deursoek die heelal na jou.
Sal jy myne wees vir altyd?


 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou