Verlange
 
As die dag se laaste sonstraal
pienk spoortjies in die wolke kerf,
en die eerste stukkies maanlig
dit met silwer druppels toeverf.

Maak die skadu's van verlange
dit skemer in my sonskynland,
vleg die grys van die alleenheid
sy koue vingers deur my hand.

Maar as ek die donker nag oorleef
en ‘n sonstraal my weer omring,
pluk ek vir jou ‘n spierwit blom
om my liefde as offer te bring.

 

 


 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou