|
|
Uitroepteken
Toe ons albei nog perfek was,
dit was voor ons mekaar geken het,
het ons woorde roekeloos gebruik.
Toe, op ‘n reënerige dag het ek na jou gestaar,
jou hande en jou oë in myne,
ons was verslaaf aan mekaar.
Maar drie jaar later staan ons voor die spieël,
ons harte in mekaar verstrengel, ontbloot,
en deur harde woorde verniel.
So het ons woorde na ons teruggekeer,
gedigte, sinne, letters,
leeg en ydel en met uitroeptekens besmeer.
|