Tsunami

vir Nikki Liebowitz

Spieëlglad, rimpelloos, betrag die maan
haar eie beeld op die kalm water
Die sinistere motief verberg die baan
van die onsigbare tektoniese krater

In die donker dieptes kreun die krag
dit knak die rots, verskeur die nag
Die onsigbare golf skiet woedend uit
om op 'n goue strand jou siel te buit

 

 

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou