Tarentaal
 

K’tjier, k’tjier, k’tjier
Blou kraalogie-kop skuins gedraai
waar die sonnetjie sak in die rand
en die windjie deur die grassies waai
K’tjier, jou spore lê in die sand
 
K’tjier, k’tjier, k’tjier
Die troppie stof-skrop in die grond
soos klippe teen die rand
julle was nog altyd hierrond
K’tjier, hulle verkoop jou land
 
K’tjier, k’tjier, k’tjier
Jou spikkelvere in die wind verwaai
'n skemerskadu daal oor die rand
jou spore het hier omgedraai
K’tjier, net ‘n veer lê in die sand

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou