|
|
Soms
Soms as my hart oor sy eie ritme struikel
is dit Vrees wat stop om my op te tel.
Ek’s verkleef aan die vreemde metgesel
terwyl ons aanstap na die alleenwees-hel.
Soms as my hart die vlug na jou verpas
kom Angs my haastig te hulp gesnel,
om my van die maklike kortpad te vertel
na die rus wat wag in die dodesel.
Soms as my hart in die oggend verslaap
is dit Twyfel wat my wakker bel,
om my gedagtes so in te knel
dat ek verloor in hierdie lewensspel.
|