So dan en wan
 

...en elke dag het ek ʼn bietjie minder van jou.
Elke dag vervreem ons van mekaar,
elke dag het jy iets nuuts gedoen
waarvan jy vergeet het om my te vertel.
Elke nou en dan het jy ʼn nuwe pel
wat jou iewers heen vat, vir dit of dat.
Elke nou en dan sal jy selfs onthou
om my van jou nuwe lewe te vertel.



 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou