|
|
Skildery
Miskien sal jy nooit
besef,
hoe diep my liefde vir jou strek,
en miskien sal ons oud word,
elkeen in sy eie plek.
Want die kunstenaar het op sy doek
ons ingeteken met ‘n akriel-gedig,
en ons so van mekaar geskei:
ek die berge, jy die lug.
Maar miskien sal die skilder
wat gebroke harte kan lap,
ons verwydering onnatuurlik vind
wanneer hy verbystap.
Dan sal hy op die doek
‘n weerkaatsing verf,
om die berge en lug so te meng,
dat hul saam in die laaste skemerlig sterf.
|