|
|
Sielskos
Onlosmaaklik
vasgeklem en verweef
is ons harte aan mekaar.
Jy, die spieëlbeeld waarin ek leef,
ek, die seisoene in jou jaar.
Jou woorde is vir my soos reën,
jou oë, blink soos dou.
Ek wil jou na ‘n ver plek wegneem
en daar in my siel toevou.
|