Sand
 

My liefde vir jou is vasgevang
in die korrels sand van die aarde.
Biljoene gekleurde klein klippies
met my naam daarin geverf -
sodat jy, waar jy ook al is,
ʼn handvol liefde kan gryp
om tussen jou vingers te vryf,
of om iets in die sand te skryf.


 

 

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou