Roof


Op die tweede dag het ek

jou in die koerant begin soek.
Miskien was daar ‘n roof,
miskien ‘n ongeluk;
hierrond gebeur sulke dinge nogal.
Maar die koerant het oor jou geswyg

Later, toe jy terloops besluit
om van jou te laat hoor,
was daar wel ‘n roof
én ‘n ongeluk.

Want die rower het jou hart,
wat nooit sou verander,
uit ons kluis kom haal,
en, terwyl Hy daar was,
sommer ook myne
op die grond laat val.



 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou