|
|
Reën
Wanneer dit saggies
begin reën op ʼn wintersdag
dwaal my gedagtes gedurig na jou,
want ek wens jy kan hier by my wees
dat ek jou in my baadjie kan toevou.
Dalk sal ons ʼn pot melkkos kook,
of ʼn bottel merlot tussen ons verdeel.
Miskien marshmallows oor die kaggel braai,
of pannekoek met kaneel.
Dan sal ons mekaar liefhê.
My hand in joune gevleg,
my mond soekend in die kuiltjie van jou rug,
jou lyf die tempel, en ek die kneg.
|