|
|
Pil
'n Ode aan
Panado
Die lamferdoek van siekte is
tot in my been gevleg.
ʼn Drogbeeld van die einde
dra klaend my lewe weg.
Die klein wit pil sak stadig af
tot in die maag se saal,
en los daar tydsaam op -
die gif word uitgestraal.
Ek lê en wag in pynbetrag
vir die lig om te verskyn.
Die klein en wit verlossing
kom red my van die pyn.
|