|
|
Parallel-lewe
Staan my
fyngekose woorde lam en leeg?
Skiet my moeitevolle gedagtes te kort,
aan dit wat die aarde laat beweeg.
My beste breinvrug uitgepars,
goed gebottel, maar te lig geweeg.
Is die groot gedagte wat ek self ontdek,
net ʼn vlietende oomblik vir ʼn ander.
Verbeel ek my my intellektuele bestek.
Is die eindpunt van my vermoë,
slegs die stasie waar ander vertrek?
|