Padkaart Deur My Hart
 

Met goed deurdagte woorde
skryf ek in geheime skrif
die storie van vrese en wense
die padkaart deur my hart
se ongekaarte grense

Die hoop van diep geheime
wat nooit die lig moet sien
maar tog die hoop dat jy
met die paadjie sal loop
waar jy die sleutel sal kry

Maar donkerder die newels
wat jou vestings verberg
geheime in 'n hiëroglief versteek
Sal die soeker na die padkaart
ooit die kode kan verbreek?

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou