Operasie

In die wit enamelskottel lê twee harte
roerloos in ‘n poel dik rooi bloed.

Dit is ons harte wat daar lê, my lief,
reeds koud, soos ons herinneringe.

Want selfs die versigtigste dokter,
kan soms die mes laat gly.

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou/tr>