Onskryfbare Gedig
 
My gedagtes vlug skugter
soos skadu's voor ‘n kers
eens was ek ‘n digter
nou’s my vingers verstar en ontnugter
my pen met stomheid geslaan
die woorde in my boek het vergaan

Op daardie dag het dit gebeur
op daardie dag toe ek
my liefde vir jou
in ‘n gedig wou opwek
 

 


 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou