|
|
My Hande
Voor my lê my hande oop.
ʼn Verlate ravyn-landskap
waar kronkelende droë riviertjies
die toestand van my hart verraai.
My hande dors na jou, my nooi,
na die sagte vlees van jou palms,
wat soos fyn sand elke groefie vul
en my hande laat oorloop.
|