Miskien
 

Miskien het ek jou te lief gehad,
om ons beloftes te verseël.
Miskien het ek te veel omgegee
om jou hart vir ewig te steel.

Miskien moes ek jou minder vasgehou het
om jou aandag te verseker.
Miskien moes ek jou minder gesien het
dan was ek jou enigste begeerte.

Maar nou is dit verby:
net die stoksielstilte heers,
wanneer ek af en toe ontdek
my hart is met ‘n stukkie van jou gevlek.

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou