Minderheidsverslag
 

Calvyn se leer het dit gebaar,
dat min moet heers oor meer
en deur geweer en boerelaer,
het min die land onteer
die sendeling se sielesaak,
deur staat en kerk tot niet gemaak
 
maar traagheid van gewig bepaal,
dat skaalbalans moet swaai
die donker het oor min gedaal;
die laaste haan wat kraai
uit klou van kerk en mag bevry,
het meer van min die land gekry
 
maar soet oorwinning het ‘n prys,
want vriende noord vermaan,
dat meer die grond van min moet eis,
as losprys vir die struggle-traan
die skadu kruip weer stadig suid,
om als in donker toe te sluit
 
en so begin dan die spiraal:
diktator en dan hongersnoot
dis Afrika se bloedverhaal,
haar kinders in haar arms dood
Calvyn is weg, die kers gesmoor;
as meer vir min, een-een vermoor

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou