|
|
Los Gedagtes
Ek sit hier en probeer
myself aan jou herinner,
jou oë, jou lag, jou kyk
ons ring aan jou vinger.
Jou gedagte het ongesiens verlep,
merk ek vandag uit die hoek van my oog.
Die blaartjies is grys en hang,
en die blommetjies het verdroog
Ek probeer die gedagte opwek
eers met ‘n foto, dan ‘n gedig.
Maar selfs met my oë toe
sien ek net jou rug.
|