Krukke


Na ons gesprek vandag het ek geweet:
dit is die einde.
Die beloftes van vriendskap, gesprekke,
en onuitwisbare bande;
dit alles was net krukke,
wat jy laat rondstaan het om
die gewonde by die hospitaal uit te help,
nét tot by die hek.






 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou