Koffie
Skink vir my genade vertroos my met die reuk van die bittersoet verdowing as ek aan krag ontbreek. Uit swartgebrande korrels kook die klater-kokaïen wat die sluier van die slaap lig om verslaafdes te bedien.
© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou