|
|
In Elke Uur
Eenkeer in elke uur
kom jou gedagtes by my kniel,
vra my hart uit na jou,
kruip die winter oor my siel.
Eenkeer in elke uur
as die verlange aan my klou,
wens ek die dae verby,
dat ek my arms om jou kan vou.
Eenkeer in elke uur
droom ek oor die dag
wanneer ons drome ontsnap;
hoe lank sal ons moet wag?
Eenkeer in elke uur
is daar ʼn oomblik van vrees,
as die werklikheid my vertel,
dat jy dalk nooit by my sal wees.
|