Hoe sal ek dit vir jou sÍ


Hoe sal ek vir jou kan sÍ dat jy my sal glo?
Dat jy die mens is vir wie ek gebore is,
die mens vir wie ek gemaak is om lief te hÍ,
die mens vir wie ek lewe.

Hoe sal ek vir jou kan sÍ dat jy my hart se spieŽl is?
Dat ek in elke skadu van elke dag net aan jou dink,
dat ek my lewe inrig om jou hart te verstaan,
dat jy my asem is.

Hoe sal ek vir jou kan sÍ dat jy deel van my is?
Dat my liefde vir jou gevorm is toe die eerste DNS,
in dun spirale in my neergelÍ is,
dat my weefsel in jou verweef is.

Hoe sal ek vir jou kan sÍ dat ek jou lief het
Dat die vrees van ʼn man se hart eenvoudig is,
dat die liefde van ʼn man tasbaar is,
dat ek maar net Ďn man is.


 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou