|
Hangbrug
In my vesting is daar
oorlog.
Die poorte staan oop,
en die mure het geval.
Goudgeel vlamme lek aan die dak,
toe ek wegvlug oor die hangbrug na jou.
By jou is daar hoop.
Ons sal ‘n nuwe vesting stig,
met ons eie hande sal ons dit bou:
‘n kliphuis met ‘n uitsig
en
'n kaggel.
Ons sal in liefde leef.
Terwyl ek hardloop oor die brug
sien ek ‘n liggie reeds flikker in jou venster,
my hart bokspring.
Met die tweede opkyk is al die ligte aan,
my
geliefde wag.
Eers met die derde
opkyk
sien ek die rook.
|