Hande
Die dag toe my hande gemaak is het die Skepper geweet hoe om die vingers te vorm hoe lank Hy die litte moet meet. Want die dag toe ek gemaak is het Hy van jou geweet dat my vingers die kontoere van jou lyf sou ontleed.
© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou