Groot Stad
  
As jy my sou kom vra
waar kom ek dan vandaan?
sou ek dalk niks wou sê nie
jy sal dalk nie verstaan
In elke storie is 'n traan.

My lyf bly in die Groot Stad
waar niemand slaap vannag
my bestaan net nog 'n venster
waar alleenheid sit en wag.
So leef ek hier, dag na dag

Die mossies is reeds lankal dood
net rotte hou hier wag
die son skyn net op Vrydae
die mense is bleek en sag.
So leef ek hier, dag en nag

En soms verdwaal my siel
in die donker-donker nag
Die goue kalf en gode
het my drome kom verkrag.
Nou leef ek hier, nag na nag.



 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou