Grondpad

Kronkel, kronkel, rooibruin grond
die paadjie deur goue gras
Worstel, worstel, hart gewond
geheime in die donker kas
Stukkend, stukkend, dan terstond
die terugkeer na die teer-terras
Stilte, stilte, swyg die mond
oor die krakie in die voorste as
 

 

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou