Gif
      
Anima Sana In Corpore Sano
 
In donker stilte wag ‘n druppel
uitgehang op 'n naald se punt.
'n Kristalbal van die sewende sonde
helder, skoon, en dodelik.
 
Uitgepers uit die koue angs
van nagte soek, wonder, wakkerlê,
Oor die ontrou hart en oë wat dwaal
en gedagtes wat net meer wil hê.
 
Geduldig word die are vol
elke sel word aangeval,
tot alles duister leuens is
en God sy vuiste bal.
 
Die aarde bewe, blitse donder
as die laaste druppel val.
Toe God sy kop wegdraai
en die hamer op die kruishout knal.

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou