Geloftedag

 

Jy is my Bloedrivier.
Die geveg in die laer, ek is
omsingel in die bose kring
van verlange en die oormag
van ons verwydering.

Jy is my gelofte.
Die verbond tussen jou hart,
en my hart, die monument
waaraan ek jou sal onthou:
ons gedeelde testament.

Jy is die altaar.
Op jou gedagte, elke jaar,
gooi die son ‘n skemerstraal
om my te herinner aan jou:
die begin van my verhaal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou