Ek Onthou Jou

Ek onthou jou weer vanaand
waar jy op die wit-wit bed lê.
Daar was begeerte in jou groen-bruin oë,
na die liefde wat jy so graag wou hê.

My lippe was gevul met joune,
jou hand gevou in myne,
jou vel sag in my mond,
my vingers oor jou lyf se lyne,
ons heupe inmekaargesluit
om die passie te deel,
en die liefdespel te speel.

So onthou ek jou vanaand
waar jy op die wit-wit bed lê.
Daar was vrae in jou groen-bruin oë,
al wou jou mond dit nie sê.

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou