|
|
Eerste Liefde
Jy is my eerste
liefde,
al is jy nie die eerste mens vir wie ek lief is nie.
Ek het vir jou die eerste liefde blomme gepluk,
die eerste liefde briewe geskryf,
die eerste liefde woorde gefluister.
Jy is my eerste liefde,
al wonder ek soms wat jy vir jou man sê.
Fluister jy vir hom die eerste liefde woorde?
Skryf jy vir hom die eerste liefde briewe?
Het hy jou eerste liefde blomme gepluk?
Jy is my eerste liefde,
want die eerste liefde is blind
vir die onvolmaaktheid
van ‘n gedeelde hart.
|