|
|
Druppels
Wanneer ek
smorens opstaan
is jou naam die eerste dou
wat op my lippe neerslaan.
Die blink druppeltjies
maak my wêreld klein,
verstaanbaar,
maar ook onderstebo,
soos net jy kan doen.
Met die eerste nugter sonstraal
krimp die druppels.
Die gedagte vertoef ‘n oomblik,
en sterf later stom, woordeloos,
soos ons afskeid.
|