Die Laaste Dop

 

Elke man het sy beurt gehad

om sy sê te sê en praat te praat

nou's dit stil om die kuiertafel

die woorde, yl en uitgerafel.

 

Gedagteloos met leë glase

eens met wilde moed gevul,

die leër lewe van die dwase

wat nooit van mekaar verskil.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou