Die Gang
 

In die gang van ʼn eensaam huis,
hang ʼn foto van ʼn kind.
Sy is so drie of vier jaar oud,
haar rokkie wapper in die wind.
Die trane maak haar ogies blind,
as sy oordadig waai,
vir die vliegtuig wat hoog oorvlieg,
vol vreemde mense gelaai.

Haar pappa is al weke weg,
hy is ʼn swerwer-konsultant,
wat deur sy drome ontvoer is,
op soek na ʼn nuwe land.
Want sy vel was te blank,
om in hierdie land te werk.
Maar hy dink gedurig aan haar,
waar sy groet op die grasperk.


 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou