|
|
Die Digter
Hier kniel ek,
die digter, onvergenoegd,
dienswillig agter my potlood
om in die dorre woordland te ploeg.
Terwyl die donderende metafore opbou
oor onoorkombare gedagte-kranse;
ʼn belofte van wat die oes mag inhou.
In die hande vol letters wat ek saai
skuil die saad van my vrees wat eendag
my hart se geheim sal verraai.
 |