![]() |
|
|
Derde Huwelik
Spierwit tafels, kers, en kant 'n feetjierok in lint gebind. Die derde keer die goue pand eindelik geluk gevind.
Reeds opgeskoot die eerste kind wat blosend by die ingang staan waar gaste skepties 'n heildronk klink, en die nuwe skoonma pik ‘n traan.
Lank sal sy lewe... die brommer land netjies op die koek Lank sal hy lewe... en lê ‘n maaiereier in die hoek.
|
|
© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou |
||