|
|
Brugge
Ek stuur vir jou ‘n poskaart uit Brugge, my lief.
Hier waar die windmeule om-en-om draai,
waar die eerste grys winterreen val,
en dit druppels verlange in my hart kom saai.
Mag hierdie winter kort wees, my lief,
dat ek jou weer teen my vas kan hou,
jou warmte kan voel, jou vel kan ruik,
en jou hart in myne toe kan vou.
|