Beleg van die vlees

 

Die plein is weer grys vandag,

in die verte waak ‘n soldaat.

Dis koud en stil in die nag,

in die lig blink die doringdraad.

My stad is deur jou troepe beleer,

selfs die liefde kon dit nie keer.

 

Maar die weerstand word al sterker

en jou regering dryf my weg

om planne te smee in ‘n kerker,

in my gedagtes vorm die beleg.

Die rook knal wit uit my geweer,

as ek ‘n vreemde stad beleer

 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou