|
|
Begrafnis
Net die digter kan die woorde vind
om die gebroke hart te beskryf
sodat die leser die verwerping
in sy eie hart sal voel.
Net die digter kan die leegheid
in helder kleure skilder
sodat die wêreld die volheid
van die leegheid kan sien.
Net die digter kan eensaamheid
so in swart en wit letters vervat
dat ‘n skare, sprakeloos,
selfs in God sal twyfel.
Maar soms moet die digter
voor ‘n graf in sy eie hart staan;
eensaam, leeg, en woordeloos.
|